Ek sien hierdie jaar speel ouens soos Koos Kombuis, Anton Goosen, Bok van Blerk en Beeskraal by die Aardvark wat ek wil gaan sien. Daar’s beslis ‘n groot verskeidenheid musieke style in nuwe Afrikaanse musiek wat nie al net soos country and western klink nie. Ek het hierdie week boodskappe van ‘n Afrikaans rapper in Mitchell’s Plain en ‘n nuwe (en ‘n bietjie beroemde) sanger ontvang om hulself te bevorder, wat baie goed is. Ek het nie vroeër geweet net hoeveel Afrikaans musiek op die internet ‘n mens kan vind nie. Terselfdertyd is besig om Afrikaanse kunstenaars en bands op myspace te soek. Ek het nie te veel gedoen nie maar net dieselfde dinge – gaan kroeg toe, gaan voetbal kyk, gee geld uit ens. Ek het nie in lang tyd geskryf nie en ek voel ek moet, en ja ek wil ook.
0 Comments
Leave a Reply. |